Jeugdiges val skoliere ná skool aan
2011-08-04 23:00
Kaapstad – Vyf jeugdiges is in hegtenis geneem ná hulle
twee skoliere aangerand en ‘n derde gesteek het.
Die voorval het by ‘n skool in Claremont,
Kaapstad, plaasgevind.
Drie skoliere was oppad om huis toe te gaan, toe die
vyf jeugdiges in ‘n Opel Kadett hulle by die skool voorkeer, het polisiebeampte
November Filander gesê.
Die twee groepe het begin arugumenteer en
die jeugdiges het een van die skoliere met hul vuiste bygedam.
“Daarna het hulle twee ander skoliere gesteek
en weggery.
“Die polisie is intussen gebel die Opel Kadett is agternagesit,” het Filander gesê.
Die Opel Kadett het eers van die polisie
probeer wegry, maar is mettertyd van die pad afgetrek en die vyf jeugdiges is
in hegtenis geneem.
Dit is nie bekend waaroor die argument wat tot geweld gelei het gegaan het nie.
Die vyf jeugdiges, tussen die ouderdom van 15 en
20 jaar, word van aanranding en poging tot moord aangekla.
Hulle sal Vrydag in die Wynberg-landroshof
verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.