Jeugdige kry 15 jaar vir verkragting
2012-02-07 20:57
Bloemfontein – ‘n Jeugdige is Dinsdag tot 15 jaar tronkstraf gevonnis in die Selosesha-landdroshof naby Bloemfontein, het die polisie gesê.
Mzwandile Gasa (18) is daaraan skuldig bevind dat hy ‘n 18-jarige meisie in Junie verkrag het, het konst. Consolation Mokoale gesê.
“Mzwandile, wat vroeër daardie dag saam met die slagoffer se ma in ‘n taverne gedrink het, het na haar huis gegaan en haar voor haar broers en susters verkrag,” het Mokoale gesê.
“Die ma was dronk en kon nie die voorval hoor nie.”
Tydens die verkragting het Gasa gedreig om sy vriende te bel en hulle te nooi om die broers en susters te kom verkrag.
Die polisie het ‘n gebruikte kondoom tydens hul ondersoek gevind. Gasa is by ‘n huis in Botshabelo in hegtenis geneem.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA