Japannese ondersteuner doodgery in Noordwes
2010-06-26 04:44
Johannesburg - 'n Japannese sokkerondersteuner is dood toe 'n motor hom op die Bakwena-hoofweg naby die Brits-tolhek omgery het.
Die man was besig om oor die straat te stap toe hy deur 'n Mercedes Benz getref is, het 'n woordvoerder van die Noordwes departement van openbare veiligheid Vrydag gesê.
Die presiese tyd van die ongeluk was nie onmiddelik bekend nie.
"Hy is op slag dood," het die woordvoerder gesê.
Volg
Nuus24 op Twitter.
- SAPA