Jan Alleman kry lig in kragtonnel

2010-02-25 06:51
Tweets Share Share line Print

Cobus Claassen

Pretoria - Huishoudings met ’n hoë kragverbruik sal vanjaar reeds baie meer vir hul krag moet betaal as die gemiddelde verhoging van 24,8% wat die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) gister aangekondig het.

Daarenteen sal die tariewe vir huishoudings met ’n lae kragverbruik vanjaar selfs met 10,5% daal weens probleme met die toepassing van die nuwe tariefstruktuur.

In die algemeen sal elektrisiteitspryse vir huishoudings en sake-ondernemings oor die volgende drie jaar verdubbel.

Kleiner huishoudings sal egter volgens glyskale heelwat minder as die gemiddelde verhoging betaal.

Die riglyne vir Eskom se verhoging vanjaar (2010-’11) is 24,8%, 25,8% vir 2011-’12 en 25,9% vir 2012-’13.

Nersa se voorgestelde riglyn vir die verhoging in elektrisiteit vir plaaslike owerhede vir huishoudings vir dieselfde jare is 15,33%, 16,03% en 16,16%.

Ferdi Kruger, ’n spesialis in elektrisiteitsregulering by Nersa, het gister gesê die voorgestelde verhogings vir munisipaliteite kan gesien word as ’n “regstelling” vir die 34%-verhoging wat die meeste munisipaliteite verlede jaar op aanbeveling van die nasionale tesourie goedgekeur het.

Volgens Kruger word die “ware kostestruktuur van munisipaliteite” ook in die verhoging van 15,33% weerspieël.

“Die 34% was te hoog en moes eerder in die omgewing van 23% gewees het.

“Die idee is dat dit binne die volgende drie jaar reggestel word,” het Kruger verduidelik.

Volgens Nersa kan ’n huishouding wat maandeliks ongeveer 800 KWh verbruik volgens voorlopige berekeninge van 1 Julie tussen 8,5% en 10% meer betaal vir elektrisiteit wat deur ’n munisipaliteit verskaf word.

Volgens Kruger word rofweg die helfte van die land se residensiële verbruikers deur munisipaliteite bedien.

’n Gemiddelde huishouding is gister as voorbeeld uitgebeeld as ’n gesin van vier met een geiser, ’n elektriese stoof sonder ’n swembad en ander luukse elektroniese toerusting.

Residensiële verbruikers wat maandeliks ongeveer 800 KWh verbruik en krag direk by Eskom koop, kan volgens ’n glyskaal wat Nersa bekend gemaak het, verwag om van 1 Julie tussen 14% en 18% meer op te dok.

Residensiële Eskom-verbruikers wat egter maandeliks meer as 2 000 kWh verbruik, kan weens ’n stewige styging in die glyskaal verwag om tot soveel as 35% meer op te dok.

Cecilia Khuzwayo, Nersa se voorsitter, het gesê die munisipaliteite wat nie verlede jaar ’n 34%-verhoging in werking gestel het nie, kan by Nersa aansoek doen vir ’n aangepaste verhoging.

Munisipaliteite moet hulle prysstrukture, wat ’n glyskaal sal behels, voor 30 April aan Nersa voorlê.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: eskom  |  elektrisiteit

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.