Jagluiperd byt kurator erg aan been, arm

2011-11-07 09:07
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - ’n Werknemer van die Bloemfonteinse dieretuin het ’n noue ontkoming gehad toe die jagluiperd Gracy hom aangeval het.

Rudi Vertue (35), kurator van karnivore by die dieretuin, was Vrydag besig om twee jong jagluiperds na ’n nuwe kamp te verskuif. Die diere, wat taamlik mak is, was glo baie opgewonde oor die verskuiwing.

Toe Vertue aandag aan ’n seerplek aan die wyfie Gracy se bek wou gee, het sy hom bespring en baie erg aan sy been en albei arms gebyt, het sy ma, Leonore, van Cradock aan Wilna de Klerk vertel.

Hoewel hy haar die eerste keer kon afskud, het sy hom weer bespring. Een van die werkers het haar met ’n groot gesukkel van hom afgetrek.

“Rudi het gesê hy is baie verbaas oor die wyfie se reaksie, aangesien die katte redelik mak is en soms, as hy en sy helpers in die hokke werk, teen hulle kom skuur. Ons is net dankbaar dat nie een van Rudi se ligamente of are afgebyt is nie,” het mev. Vertue gister gesê.

Amanda Appelgryn, woordvoerder van die Mediclinic Bloemfontein, het gesê Virtue se wonde is in die teater geheg en hy sal moontlik Maandag ontslaan word.

Vertue is nie die enigste pasiënt wat in die Mediclinic Bloemfontein vir wildekat-wonde behandel word nie.

Albert Bojane (41), veldwagter van die Kgalagadi-oorgrenspark, wat verlede week in die park deur ’n leeu aangeval is, sterk ook in dié hopsitaal aan.

Appelgryn het Sondag gesê dit is net in Suid-Afrika waar so iets sal gebeur.

“Gedurende die Wêreldbekersokkertoernooi in 2010 het besoekers uit Duitsland my gevra of die hospitaal spesiaal vir die toernooi gebou is. Toe antwoord ek grappenderwys en sê ja, ons moes net eers die leeus en ander wilde diere wegjaag.”

Sy het gesê dit sal nie in Switserland of Doebai gebeur waar die groep ook hospitale bedryf nie.

Bojane, wie se toestand aanvanklik versleg het, is in ’n stabiele toestand in die waakeenheid. Hy is intussen van die asemhalingstoestel gehaal.

Qondile Khedama, woordvoerder van die Mangaung- metropolitaanse raad, en  Lawrence Letshokgohla, ’n beampte van die dieretuin, het geweier dat Volksblad Gracy afneem. Khedama het ook geweier dat met Vertue ’n onderhoud gevoer word.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: diere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.