Jaende Golfies veroorsaak ongeluk
2010-09-06 23:18
Johannesburg – Talle mense is beseer toe twee VW Golfies wat teen mekaar gejaag het in Commando straat, Johannesburg, 'n ongeluk veroorsaak.
Die ongeluk het omtrent 18:15 in Commando straat gebeur toe een van die Golfies ‘n taxi en ‘n Toyota Yaris getref het.
Twee mense in elkeen van die Golfies is beseer waarvan een in ‘n kritieke toestand hospitaal toe is.
Vier mense in die Yaris en agt mense wat in die taxi was, is ook beseer.
Volg Nuus24 op Twitter.