Jacob Zuma in kerktwis

2010-02-26 06:35
Tweets Share Share line Print

Liesl Peyper

Kaapstad - Die debat oor ’n morele kode vir Suid-Afrika wat deur pres. Jacob Zuma geïnisieer is, gaan bes moontlik gedryf word deur ’n intergeloofsgroep wat ’n sterk verbintenis met die ANC het, maar waarin nie een van die land se vernaamste godsdiensforums dien nie.

In kerkkringe is dié verwikkeling bestempel as ’n ernstige gevaar vir die betrekkinge tussen kerk en staat.

Die Burger het gister op goeie gesag verneem dat die National Interfaith Leadership Council (NILC), wat verlede jaar deur past. Ray McCauley van die Rhema-kerk byeengeroep is, gevra kan word om Zuma se voorgestelde gesprekke oor moraliteit te koördineer.

Die NILC is in Julie verlede jaar gestig as ’n organisasie wat uit meer as 20 senior leiers van verskeie geloofsformasies bestaan.

By nadere ondersoek blyk dit egter dat nie een van die vernaamste godsdiensforums – soos die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK), die Moslem Juridiese Raad (MJR) en die Joodse Raad van Afgevaardigdes – genader is om by die NILC aan te sluit nie.

’n Ingeligte wat op voorwaarde van anonimiteit gepraat het, het aan Die Burger gesê die NILC is in wese ’n skynorganisasie wat hom voordoen as ’n liggaam wat namens alle godsdiensgroepe praat.

“Maar dit is nié die geval nie. Van die grootste kerke – neem byvoorbeeld die Sionistekerk (ZCC) van Polokwane – is nie deel van die NILC nie.”

Die SARK het verlede jaar, nadat dit rugbaar geword het dat die NILC met Zuma vergader het, in ’n verklaring gesê die SARK is nooit genader oor die sameroeping van die NILC nie.

“Dit wil voorkom of die NILC die werk van die Na­sionale Godsdiensleiersforum (NRLF) dupliseer.”

Die Burger het betroubaar verneem dat die NILC juis gestig is omdat die SARK nie gehoor wou gee aan versoeke van die ANC om ’n alliansievennoot van die regerende party te word nie.

Dit blyk voorts dat die NILC wel ’n sterk verbintenis met die ANC het.

Die Mail & Guardian het vroeër berig dat die ANC-hoofsweep, dr. Mathole Motshekga, en nog twee ANC-LP’s – mnr. Ebrahim Rasool, oudpremier van die Wes-Kaap, en past. Ntabiseng Khunou, ’n ANC-LP van die Vrystaat – lede van die NILC is.

Khunou is ook dié organisasie se amptelike woordvoerder.

Die NILC het vroeër vandeesmaand vir Zuma in die bresse getree toe dit rugbaar geword het dat hy ’n buite-egtelike kind het. In ’n verklaring het dié organisasie gevra dat Suid-Afrikaners Zuma “vergewe en aanbeweeg”.

Die Burger het ook vasgestel dat die NILC se mediaverklarings deur Motshekga se kantoor uitgestuur is.

- Die Burger

Lees meer oor: jacob zuma  |  sa politiek

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sambok sê... Geregtigheid sal geskied. Dalk nie in die hof nie maar dit sal. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES

C200 Elegance
2002
R 131,579.00

TOYOTA

Corolla 1.6 Professional MY09
2009
R 139,950.00

DODGE

Caliber 2.0 SXT 5-dr MY10
2011
R 229,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.