Jaca gelooi oor Bees-tirade

2010-09-04 07:56
Tweets Share Share line Print

Beeld

Opposisiepartye het Vrydag uitgevaar teen dir. Ndumiso Jaca, hoof van pro-aktiewe polisiëring in die Tshwane-metropolisie, oor sy tirade by sers. Ntshimane Johannes Mogale se roudiens in Pretoria.

Jaca het Donderdag gesê die Tshwane-metropolisie gaan die Blou Bul-stut Bees Roux teister totdat hy die waarheid praat.

Roux is verlede week op aanklag van moord op Mogale in hegtenis geneem.

Jaca het ’n waarskuwing aan Roux gerig: “Ons gaan padversperrings beman en seker maak dat Bees nie rus nie. Ons gaan ons voorvaders kry om Bees te teister totdat hy die waarheid praat.”

Karen Meyer, DA-woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid in die Tshwane-metroraad, het gesê Jaca se uitlatings is onverantwoordelik en ongrondwetlik. “Dit blyk Jaca het homself as ’n metropolisieman, regter en laksman aangestel.

“Hy is ’n amptenaar wat veronderstel is om ’n diens aan alle inwoners in Tshwane te lewer en te verseker, maar sy uitsprake is teenstrydig hiermee.”

Volgens Meyer is Jaca se uitsprake totaal onvanpas, buite sy mandaat en nie in die gees van ’n onafhanklike regsproses nie.

Dr. Rentia Landman, leier van die VF+ in Tshwane, meen Jaca se uitlatings is skokkend. “Ek het eintlik nie woorde nie. Dit is iemand wat reg en orde moet handhaaf wat sulke uitlatings maak. Dit wek ernstige bedenkinge oor sy geskiktheid vir dié pos.”

Dikeledi Lehobye, Tshwane se burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, het gesê sy is jammer oor die taal wat Jaca by die roudiens gebruik het, maar het ook vir hom in die bres getree. “Mense moet besef daar is baie seerkry in die departement oor die wyse waarop sers. Mogale vermoor is.”

Enigiemand wat ontsteld is oor Jaca se uitlatings, moet hulle in die skoene stel van dié wat saam met Mogale gewerk het en moet hul pyn in ag neem, het Lehobye gesê. “Dit is kommerwekkend dat ons geen steun gekry het van dié wat ons nou kritiseer nie.”

Terrance Mashego, ANC-hoofsweep in die Tshwane-raad, het gesê hy dra nie kennis van Jaca se uitlatings nie.

“Ek sal eers wil uitvind presies wat gesê is voordat ek my daaroor kan uitlaat.” 

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.