Jaagduiwel tref beampte teen 146km/h
2010-05-11 11:14
Bloemfontein – ’n Vrystaatse verkeersbeampte het naby Odendaalsrus gesterf toe sy ’n bestuurder wat gejaag het, probeer stop het, het die polisie gesê.
Kapt. Stephen Thakeng, ‘n polisiewoordvoerder, het gesê die beampte was besig om motoriste te monitor wat die toegelate spoed in die sone (80km/h) oortree het.
"Daar was ‘n bestuurder wat vanaf Bothaville na Welkom onderweg was. Die spoedmeter het getoon dat die persoon teen 146km/h gery het.
Thakeng het gesê die verkeersbeampte (35) het die bestuurder gewys om te stop, maar is egter deur die voertuig getref.
Die 34-jarige motoris is vir poging tot moord en die oortreding van die spoedbeperking in hegtenis geneem.
Hy sal na verwagting binnekort in die Odendaalrus-landdroshof verskyn.
-Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.