'JHB water veilig'
2010-05-27 15:20
Johannesburg – Oorsese besoekers sal Johannesburg se water kan drink sonder enige vrese dat dit vuil of onveilig is, het Johannesburg Water Donderdag gesê.
“Inwoners en besoekers kan gerus wees dat Johannesburg se water van goeie kwaliteit is,” het Russel Rimmer van Johannesburg Water gesê tydens ‘n bespreking oor die beplande R3,1 miljard se verbeterings wat beplan word.
“Ons doen sowat 40 toetse op die watermonsters om 100% seker te wees van water se kwaliteit.”
Dié maatskappy ontvang meestal klagtes oor die kleur van die water, wat moontlik daarop dui dat die chloorvlakke aangepas moet word.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.