Jý hoes vir hoës se weelde-lewe

2011-08-28 09:30
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Belastingbetalers moes vanjaar minstens R46 miljoen opdok vir spoghuise vir kieskeurige ministers en ander politici sodat hulle in weelde in Kaapstad kan leef.

Boonop is dié huise teen pryse hoër as die markwaarde gekoop.

Die polisie se spesiale ondersoekeenheid bekyk nou dié transaksies as deel van ’n omvattende ondersoek na ’n omstrede eiendomsprogram binne die departement van openbare werke (DOW).

In die parlement is die afgelope week bevestig dat die DOW sedert Mei 2009 minstens R183 miljoen bestee het aan huise vir ministers en hul adjunkte in Kaapstad en Pretoria.

Rapport kan vandag verdere besonderhede oor die weelderige leefstyl van die betrokke ANC-hoës onthul.

Die DOW het die omstrede huistransaksies ingevolge sy sogenaamde “prestige-portefeulje” bevestig, maar geweier om te sê watter spoghuis aan watter minister of adjunkminister toegeken is.

Rapport het vasgestel dat me. Nomaindia Mfeketo, adjunkspeaker van die parlement, die sleutels vir ’n Toskaanse herehuis in Delairestraat, in die eksklusiewe voorstad Van Riebeeckshof in Bellville, ontvang het.

Mfeketo het egter ’n ander huis skaars 9 km daarvandaan.

Haar nuwe Toskaanse huis het onder meer ’n lugversorgde slaapkamer, ’n ontwerper-kombuis, ’n buite-onthaalgebied, ’n swembad en ses motorhuise.

Die staat het R8 miljoen betaal vir die huis, maar volgens die Stad Kaapstad se waardasierol is dit sowat R7 miljoen werd.
 
Drie ander eiendomme in die pas ontwikkelde Van Riebeeckshof is ook deur die DOW gekoop teen pryse veel hoër as die munisipale waardasies.

Een eiendom, in Welgelegenstraat 5, is vir R7 miljoen gekoop – 154% méér as die munisipale waardasie van R2 229 900.

Rekords van die titelaktes wys die huistransaksies wat die staat in Bellville aangegaan het, is onder die hoogste pryse wat vir eiendomme in Van Riebeeckshof en Oude Westhof betaal is.

Luidens ’n markontleding van die sewe eiendomme is hulle altesame R37,4 miljoen werd, wat aansienlik minder is as die R46 miljoen wat die staat daarvoor betaal het.

Ses van die sewe eiendomme is deur Pam Golding Properties se Welgemoed-tak aan die staat verkoop. Die eiendomsagentskap wou nie kommentaar lewer nie.

“Die keuse van hierdie eiendomme is uitsluitlik gegrond op die toestand en ouderdom van die huise,” het Thami Mchunu, DOW-woordvoerder, gesê. “Dit is nuutgeboude huise hierdie wat nie enige strukturele veranderinge nodig gehad het nie.”

Op ’n vraag oor die verskil tussen die kooppryse en die munisipale waardasies het Mchunu gesê die departement het sy eie eiendomsevaluasies gedoen, en ook voorleggings aan die grondsake-raad gedoen.

“Die kooppryse was binne die goedgekeurde prysreeks wat deur die raad vasgestel is.”

Die DA-parlementslid Erik Marais het in die parlement gesê dit is “vreemd en onaanvaarbaar” dat Mfeketo ’n spoghuis kry, terwyl sy reeds eiendom daar naby besit.

Hy sê huise ter waarde van sowat R3 miljoen elk sou meer gepas gewees het.

“Die ANC verwys gereeld na die armstes van die armes, maar hier word uitspattige huise van gemiddeld R6,5 miljoen elk deur die staat aangeskaf.”

Danny Oliphant, die Kaapse bestuurder van die DOW se prestige-portefeulje, sê die ministeriële behuisingskompleks op die Groote Schuur-landgoed kan nie al die kabinetslede huisves nie. Sommige van die eiendomme daar word tans opgeknap.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: skandale

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.