Jý gaan betaal vir swak bestuur

2009-11-27 05:17
Tweets Share Share line Print

Marelize Barnard

Kaapstad - Die belastingbetalers van die Moederstad, wat reeds baie sal moet opdok weens Eskom se beoogde skerp verhoogde tariewe, sal ook miljarde rande moet opdok vir die nuwe Kaapstad-stadion en die verbeterde openbare vervoerplanne vir die metropool.

Om dié duur rekeninge te betaal, word die Kaapse stadsvaders gedwing om die moontlikheid van bykomende petrol- en parkeerheffings te ondersoek waarvoor Kaapse motoriste die sak sal moet skud.

Die Kaapstad-stadion het in dié stadium ’n prysetiket van R4,4 miljard en die beperkte Fase 1A van die snelvervoer-busdiens een van R2,3 miljard. Dan is daar nog die paaie wat vol slaggate is wat reggemaak moet word.

Die geldelike verknorsing waarin die stadsraad gedompel is met projekte wat op nasionale vlak geïnisieer is, maar nou die Kaapse stadsraad op hol het om die geld bymekaar te skraap, is gister in ’n marathon-stadsraadsvergadering bespreek.

Dan Plato, burgemeester, het gesê hy moet erken dat die stadsraad nie die beloofde geld van die nasionale regering vir die grootskaalse kapitale projekte kry nie.

“Dit staan soos ’n paal bo water. Dit is ’n groot verantwoordelikheid vir die stadsraad. Sonder om klippe te gooi, wil ek sê die nasionale regering hét al betalings gedoen en ons kan net hoop verdere bydraes sal gemaak word,” het Plato gesê.

Hy het gesê die snelvervoerdiens is ’n dramatiese hoë uitgawe.

“Die feit is as ons nie die nasionale regering kan oorreed om die stadsraad te help nie, sal ons nie die geld bymekaar kan kry om die geïntegreerde snelvervoerdiens te ondersteun nie.”

Op skriftelike vrae van André Fourie, VF+-raadslid, oor die uitgawes vir die stadion en snelvervoerdiens is geantwoord dat daar planne is.

Dit behels onder meer om deur kaartjieverkope en naamregte vir die Wêreldbeker-sokkerwedstryde ’n inkomste van R386 miljoen te genereer. Dít is nodig vir die delging van ’n tussentydse lening van R660 miljoen wat die stadsraad aangegaan het om die stadion te bou.

Ian Neilson, onderburgemeester, het gesê die probleem met die tekort van R274 miljoen wat daarna steeds uitstaande sal wees, “word nie net só gelos nie”.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: kaapstad  |  vervoer

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.