Inwoners op hol oor polisie-skietery

2011-09-19 07:00
Tweets Share Share line Print

Kimberley – Vier mans is hier agter tralies ná ’n wilde skietery in die woonbuurt Florianville.

Die polisie word ná dié drama Vrydagnag beskuldig dat hulle roekeloos en onnodig hier geskiet en onskuldige inwoners se lewe in gevaar gestel het, maar die polisie sê daar is eerste op hulle geskiet toe hulle na beweerde dwelmhandel ondersoek ingestel het.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die polisie het ’n wenk ontvang dat dwelms onder ’n boom op die hoek van Congregation- en Beechstraat gesmous word.

“Toe die taktiese eenheid omstreeks 03:10 daar opgedaag het, het ons die groepie mans gewaarsku en gesê hulle moet hande in die lug steek. Toe skiet hulle eerste op die polisie. Die polisie het teruggeskiet.

“Daar was drie voertuie op die toneel; ’n wit en ’n rooi golf en ’n swart Polo. Die persoon in die swart motor het weggejaag.

“Ons het vier mans op aanklagte van poging tot moord in hegtenis geneem omdat hulle na ons geskiet het. Hulle is tans in die polisieselle in Transvaalweg. Ons soek nog na hul vuurwapen.”

Twee van die voertuie is beskadig.

Die eienaar van die swart Polo, Romano Africa, sê hy was op pad huis toe, toe hy by die mans gestop het om te gesels. “Ek was nog in my kar, toe die polisie skiet. Toe jaag ek weg. Daar is drie koeëls deur my motor. Die een band is ook raakgeskiet en my agterruit en regteragtervenster is stukkend. Die polisie moet nog een koeël uit die motor haal.”

Inwoners sê hulle is in die oggendure deur koeëls wat teen hul huise geklap het, uit hul slaap geruk.

Denzil Kock sê hy het van sy huis af gesien hoe die polisie skielik uit die gras uit “op die mans wat ’n verjaardagpartyjie om ’n vuurtjie in die veld gehou het”, toegeslaan het.

Toe hy die skote gehoor en uit die huis gekom het, het hy gesien hoe die mans plat op die grond lê. “Die polisie was op hulle en het hulle aangerand. Ek dink een van die voertuie het oor van die mans se koppe gery. Die polisie het Sondagoggend teruggekom en al die patroondoppies opgetel en weggeneem.”

’n Gesinslid van een van die verdagtes, Shanaaz Rajah, en haar dogter, Wadayha, het foto’s van hom in die selle gaan neem. “Hy is erg aangerand en moes ure op doktersbehandeling wag. Ons weet nie wat aangaan nie.”

Sukayana Jansen sê hulle het wakker geword van die skote.

“Die polisie het op ons geskree en beveel om binne ons huis te bly. Ek het gesien hoe hardloop hulle tussen huise agter die mans aan om te skiet.”

Gregory Bosch sê hy het hom amper doodgeskrik toe drie koeëls sy huis tref.

“As een skoot 10 cm hoër was, het dit deur die glas gegaan in die kamer waar my dogter, wat nege maande swanger is, slaap.”

Kock sê as die verdagtes aangerand is, moet hulle klagte teen die polisie indien.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: skietery  |  polisie  |  sapd

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.