Inwoners brand hul enigste bib af

2010-02-10 11:15
Tweets Share Share line Print

Betogers kyk na ’n makker wat op die vensterbank van die nedersetting se brandende biblioteek staan Felix Dlangamandla, Beeld).

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg - Oproerige inwoners van die Siyathemba-township buite Balfour in Mpumalanga het Dinsdag hul enigste biblioteek afgebrand.

Dit is die derde agtereenvolgende dag dat inwoners in hul opstand teen swak dienslewering, die gebrek aan werkgeleenthede en buitelanders in hul midde chaos veroorsaak.

Skaars 10 minute nadat sers. Sam Tshabalala aan Beeld gesê het hulle is in beheer van die situasie en bly dit monitor, het sowat 1 000 mense na dié biblioteek opgeruk, dit geplunder en toe aan die brand gesteek. Polisielede, wat laat op die toneel opgedaag het, het die media vir die plundery verkwalik.

Inwoners en die polisie, wat met rubberkoeëls en donshael losgebrand het, het deur die loop van die dag gebots.

Kartonplakkate met handgeverfde boodskappe het oproeriges se frustrasies en pleidooie verkondig. “President, trek jou ritssluiter op en kom na Dipaleseng,” het een pres. Jacob Zuma genooi om dié gebied te besoek.

Fikiru Tekalinge, ’n Ethiopiër, het gesê hy en sy familie kom nie terug Balfour toe nie. “Hoe kan ek teruggaan? Daar is niks vir my en my familie om na terug te gaan nie en die polisie het geen beskerming aan ons gegee nie. Dit is gevaarlik en ek vrees vir my familie se lewens,” sê hy. Tekalinge en sy vrou, Selame, het na Johannesburg gevlug.

Luidens ’n verklaring van Amnestie Internasionaal is sowat 134 buitelanders verjaag.

Volgens Simphiwe Kunene, woordvoerder van die provinsiale departement van samewerkende regering en tradisionele sake, sou Norman Mokoena, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, me. Sibongile Manana, LUR vir gemeenskapsveiligheid en skakeling, sowel as Jabu Mahlangu, LUR vir ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme, laat gister die gebied besoek het. Die drie het egter by die munisipale kantore in die dorp vergader.

Die drama het Sondagaand begin toe inwoners uit ontevredenheid met dienslewering en ’n plaaslike myn se beweerde verbreekte beloftes oor werkgeleenthede strate versper en buitebande gebrand het. Talle munisipale geboue is sedertdien geplunder of aan die brand gesteek.

Ethiopiërs, Indiërs en Paki­stani’s se winkels is ook geplunder en beskadig.

Dawie Mostert, woordvoerder van die myn, het gister gesê die myn verskaf werk aan sowat 50% van die plaaslike inwoners en het al R3,2 miljoen aan vaardigheidsontwikkeling en leerlingskapprogramme in die omgewing bestee.

Mokoena het gisteraand op ’n mediakonferensie gesê daar sit mense met “agendas” agter die geweldpleging wat die inwoners se regmatige griewe “gekaap” het.

- Beeld

Lees meer oor: betogings

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.