Inwoners betoog oor ANC-raadslid
2011-06-07 09:55
Johannesburg – Inwoners van Magogoe Koikoi in die Noordwes het paaie versper uit protes teen die aanstelling van 'n ANC-raadslid, het die SABC Dinsdag berig.
Die inwoners het betoog nadat Mahikeng se plaaslike munisipaliteit se wyk 19 die ANC-kandidaat, Shimane Moremed, in plaas van hul onafhanklike kandidaat, Nduna Mangayi, aangestel het.
Inwoners het brandende bande, ou motors en klippe gebruik om die pad te versper.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA