Internasionale stemme klink op teen omstrede mediawet

2010-08-13 09:13
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - Die Internasionale Persinstituut (IPI) het pres. Jacob Zuma gevra om seker te maak persvryheid in Suid-Afrika word beskerm.

Die ANC se oënskynlike planne om persvryheid in te perk, is ook Donderdag deur ’n struggle-veteraan gekritiseer.Dit kom nadat Zuma Woensdag in Port Elizabeth gesê het ’n mediatribunaal, wat volgende maand op die party se algemene raadsvergadering bespreek word, ís nodig omdat joernaliste soms oorboord gaan.

Alison Bethel-McKenzie, waarnemende direkteur van die IPI, en dr. Mamphela Ramphele, akademikus en ’n voormalige swart bewussynsleier, is die nuutste stemme wat kritiek lewer op die voorgestelde Wet op die Beskerming van Inligting en die tribunaal.

Kritici meen beide sal swaar beperkings op die vloei van inligting na die publiek plaas en persvryheid drasties inkort.

Benewens die IPI se brief en berigte deur oorsese nuusagentskappe en in die Wall Street Journal, is vandeesweek se vergadering van die parlementêre ad hoc-komitee wat die inligtingswet oorweeg ook bygewoon deur waarnemers van die Amerikaanse konsulaat.

Bethel-McKenzie het gesê redakteurs en joernaliste oor die hele wêreld is “diep bekommerd” oor onlangse verwikkelinge wat die onafhanklikheid en lewenskragtigheid van die plaaslike pers sal bedreig. Die IPI doen gevolglik ’n beroep op Zuma om die wet aan te pas of terug te trek en planne vir ’n tribunaal te staak.

“Ons glo nie ’n tribunaal sal onafhanklik wees nie. Dit sal in der waarheid op regeringsoorsig van die media neerkom, wat onaanvaarbaar is.”

Ramphele het Donderdag by die Universiteit van Kaapstad gesê die huidige politieke klimaat “is onbelowend, indien nie eenvoudig somber nie”. Die “gevaarlike en vae” mediaplanne is seker die dringendste uitdaging waardeur Suid-Afrika se jong demokrasie tans in die gesig gestaar word. “Dit lyk of die tipe Suid-Afrika wat (hulle) wil hê een is met beperkte openbare toegang tot inligting...(Die wet) kan ’n sluier van onsigbaarheid aan korruptes gee.”

Intussen is die vergadering waar dr. Siyabonga Cwele, minister van staatsveiligheid, LP’s vandag oor die wet te woord sou staan, op sy aandrang uitgestel.

Brian Dube, Cwele se woordvoerder, het gesê hy het meer tyd nodig om oor die voorleggings te besin.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: media

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.