Intelligensiehoof terug in hof
2011-06-24 10:15
Johannesburg – Lt.genl. Richard Mdluli, hoof van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, verskyn Vrydag weer in die Boksburg-landdroshof.
Mdluli is in Maart in hegtenis geneem op aanklagte van moord en ontvoering – 'n dekade ná die misdaad wat hy glo probeer toesmeer het.
Hy en sy drie medebeskuldigdes het glo saamgesweer om Oupa Ramogibe van Vosloorus te vermoor.
Toe Mdluli twee maande gelede op borgtog van R20 000 vrygelaat is, het landdros Emanuel Magomba bevind dat die staat se moordsaak nie waterdig is nie, maar dat dié van poging tot moord, aanranding en ontvoering sterk is.
Mdluli is verlede maand met betaling geskors.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter