Instrukteur ernstig beseer toe helikopter val
2010-02-16 09:34
Kaapstad – ‘n Vlieginstrukteur is ernstig beseer nadat ‘n Robbie 22-helikopter Dinsdagoggend net na 08:00 by die Randse Lughawe geval het, het Chris Botha van Netcare 911 gesê.
Daar word verneem dat die instrukteur besig was om ‘n student op te lei toe iets skeefgeloop het. Die presiese oorsaak van die ongeluk sal deur die Burgerlugvaartowerheid (BLO) ondersoek word.
Met paramedici se aankoms op die toneel was die vlieginstrukteur ernstig beseer. Hy is na die Netcare Union-hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Die student is nie beseer nie.
Was jy op die toneel? Vertel jou storie, of stuur jou foto's vir publikasie.