Inligtingswet ‘vol slaggate en bedreig persvryheid’

2010-05-23 05:01
Tweets Share Share line Print

Rajaa Azzakani, Die Burger

Kaapstad – Die regering kan sterk teenkanting van mediagroepe verwag oor sy beplande Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting wat joernaliste tot 25 jaar tronk toe kan stuur vir die besit van geklassifiseerde staatsinligting.

Dié wetsontwerp is boonop vol slaggate vir die behoud van persvryheid, het Dario Milo, mediaregkenner van die prokureursfirma Webber Wentzel, Vrydag gesê.

“Bowenal sal die wetsontwerp strafregtelike oortredings skep in terme van die bekendmaking van geklassifiseerde inligting wat daarmee verband hou, wat ’n kwessie van staatsveiligheid is, sonder om aan die media ’n verdediging van ‘in die openbare belang’ te gee.”

Milo voel verder dat die drempel wat gestel word om staatsinligting te klassifiseer veels te laag is. “Dit gee klassifiseerders die reg om dokumente geheim te hou op grond van spekulatiewe nadeel oor wye terme, soos nasionale belang.

“Die wet sal in sy huidige formaat ’n kil uitwerking op ondersoekende verslaggewing hê.”

Ingevolge die wetsontwerp kan die media swaar gestraf word vir die besit en bekendmaking van geklassifiseerde inligting.

Die nuwe wet sal ’n beperking van 20 jaar plaas op geklassifiseerde inligting en inligting wat vir dekades lank ontoeganklik was, sal vir die publiek oopgestel word.

Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) het reeds aangedui dat hy by aanstaande maand se openbare sittings sy ongelukkigheid oor sekere bepalings in die wetsontwerp gaan opper.

Volgens Thabo Leshilo, voorsitter van Sanef se mediavryheidskomitee, is die begrip “nasionale belang” in die wetsontwerp problematies en veels te ruim.

Hy het die hoop uitgespreek dat dit in die parlement bespreek sal word.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: media  |  wetgewing

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.