'Inligtingswet sal nie korrupsie kan oopvlek'

2011-06-02 07:07
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die openbare beskermer (OB), adv. Thuli Madonsela, het haar stem by die reeks kritici van die voorgenome inligtingswet gevoeg.

Volgens haar sal die Wet op die Beskerming van Inligting in sy huidige vorm verhoed dat fluitjieblasers na vore kom met inligting wat korrupsie aan die kaak sal stel.

Madonsela was Woensdag die spreker by ’n gespreksforum wat die Skool vir Openbare Leierskap aan die Universiteit Stellenbosch se Sakeskool gehou het.

In vraetyd is sy gevra of sy dink die voorgenome inligtingswet sal ’n nadelige uitwerking op haar kantoor se werkswyse hê.

Sy het geantwoord daar is reeds bepaalde wysigings in die wetsontwerp aangebring wat die openbare beskermer sal magtig om toegang tot geklassifiseerde inligting te bekom.

“Maar die doeltreffendheid van my kantoor berus op die publiek se vermoë om toegang tot inligting te hê,” het sy benadruk.

Madonsela het in haar toespraak veral klem gelê op die noodsaaklikheid van deursigtigheid en verantwoordbaarheid in ’n demokrasie.

Die kantoor van die openbare beskermer stel ondersoek in wanneer klagtes oor onbehoorlike gedrag, wanadministrasie en wangedrag aan haar gerapporteer word. “Maar daar moet ook remediërende optrede wees – anders word die negatiewe kringloop nooit verbreek nie,” het sy gesê.

Madonsela het daarop gesin­speel dat nie alle staatsinstellings hul samewerking gee wanneer haar kantoor hulle vir inligting nader nie.

“’n Staatsamptenaar het onlangs gedink haar struggle-getuigskrifte sou haar van ’n ondersoek van my kantoor vrywaar. Dit is nié die geval nie.”

Sedert die begin van haar ampstermyn in 2009 het Madonsela verskeie kere haar stem dik gemaak oor wangedrag in die staatsdiens.

Sy het nie gehuiwer om pres. Jacob Zuma te kritiseer weens sy versuim om sy belange te verklaar soos wat die gedragskode vereis nie. Verder het sy bevind dat genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, hom skuldig gemaak het aan onregmatige optrede en wanbestuur wat betref die huur van ’n gebou vir die nuwe polisiehoofkwartier in Pretoria.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.