LP's stem ten gunste van inligtingswet
2011-11-22 14:43
Kaapstad – Die meerderheid van parlementslede het ten gunste van die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting gestem.
229 LP's het ten gunste van die wetsontwerp gestem, 107 LP's het daarteen gestem en 2 LP's het nie gestem nie.
Max Sisulu, speaker van die Nasionale Vergadering, het vroeër gevra vir mosies deur die LP's. Die stemproses het nie onmiddellik begin nie.
LP's het oproerig geraak toe die DA, Cope, IVP, ACDP en die VF+ die mosie ondersteun het om die stemmery uit te stel. Die ANC het die mosie verwerp.
Die IVP, DA, Cope en die OD het gevra dat die proses weens openbare teenstand uitgestel word.
LP's het toe gestem vir die uitstel van die stemmery. Twee LP's het nie gestem nie, 107 LP's het ten gunste van 'n uitstel gestem en 222 LP's het gesê die stemmery moenie uitgestel word nie.
Die wetsontwerp sal nou na die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) verwys word. Die
NRP kan op sy beurt wysigings voorstel, waarna dit weer voor die NV moet
dien.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Nuus24