Inligtingswet gewysig
2011-08-22 23:22
Johannesburg – Die ANC het hul belofte om die omstrede
Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting te wysig nagekom.
Hulle het ook voorgestel dat die redes vir die
klassifisering van inligting, wat volgens dié wet beskerm moet word, ingeperk word.
Die gewysigde wet is sonder die hoogdrawende taal
en verhewe konsepte wat deur regskenners gekritiseer is.
Volgens die gewysigde wet is die betekenis van
nasionale sekuriteit die beskerming van die mense van Suid-Afrika sowel as die
Suid-Afrikaanse grondgebied teen die gebruik van mag, terrorisme, spioenasie, geweld en sabotasie.
Dié definisie is so te sê net so oorgeneem uit
‘n voorstel deur Dario Milo, ‘n prominente mediaregkenner.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA