Info-wet vertraag

2011-11-16 09:07
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – ’n IVP-parlementslid kan die aanvaarding van die omstrede Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting vandag vertraag met die indiening van 123 voorgestelde wysigings daaraan.

Dr. Mario Ambrosini het die wysigings met die ondersteuning van die VF+ op die ordelys van die Nasionale Vergadering (NV) geplaas.

Daar is wydlopende kommer dat die wetsontwerp, soos dit tans staan, dit vir joernaliste en lede van die publiek byna onmoontlik sal maak om inligting wat as geheime inligting verklaar word om wandade toe te smeer, openbaar te maak sodat korrupsie voorkom kan word.

Ambrosini het Dinsdag gesê sy doelwit is om die ad hoc-komitee wat die wetsontwerp moes behandel kans te gee om dit verder te verbeter.

Gisteraand het senior parlementêre ringkoppe van die ANC vergader en dit het gelyk of Ambrosini se onkonvensionele taktiek suksesvol kan wees – moontlik slegs as vertraging, en nie dat hy enige krediet van die ANC of DA daarvoor sou kry nie.

Aangesien parlementêre reël 255 bepaal dat wysigings aan die ordelys deur die NV bespreek moet word voordat daar oor die res van ’n wetsontwerp gestem kan word, kan Ambrosini se voorstelle die parlementêre proses só vertraag dat die ANC teen gisteraand ’n nuwe taktiek oorweeg het.

Eerstens lyk dit of die debat oor die wetsontwerp wel Woensdagmiddag gaan plaasvind sodat die parlementslede mekaar goed in die hare kan vlieg, maar dat die stemmery uitgestel sal word.

Die verwagting is dat Max Sisulu, speaker van die NV, dan kan versoek dat die ad hoc-komitee weer aangestel word om die wetsontwerp en Ambrosini se voorgestelde wysigings te bespreek.

Die verwagting is voorts dat ’n sperdatum gestel sal word wanneer die komitee sy werk moet afhandel.

ANC-LP’s was Dinsdag baie geïrriteerd deur Ambrosini se taktiek, maar niemand was meer uitgesproke as Dene Smuts, DA-LP, nie.

Sy het gesê hoewel die DA die wetsontwerp sal teenstaan, veral weens die bepalings oor die besit en bekendmaking van inligting wat geheim verklaar is, asook weens die afwesigheid van ’n verweer dat dit in die openbare belang is dat sulke inligting bekend gemaak word, probeer Ambrosini net aandag trek.

“Sy gedrag beteken nie dat die komitee die wetsontwerp sal verander nie. Dis ’n truuk sonder substansie,” het sy gesê.

Ambrosini het gesê hy het die grootste respek vir Smuts, maar dat sy moet fokus op haar taak om die wetsontwerp te verbeter eerder as om woedend te reageer.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: media

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.