Info-wet: ANC kan sittings met sy lede laai

2012-01-31 08:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Sterk aanduidings bestaan dat kunsmatige ANC-meerderhede in die gehore by openbare voorleggings oor die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting geskep gaan word.

Inligting wat Die Burger bekom het, dui daarop dat groot getalle van die mense wat die voorleggings landwyd gaan bywoon, per bus aangery sal word.

Waar die busse stilhou en wie opgelaai word, sal dus ’n groot invloed op die samestelling van die gehore vir die openbare voorleggings hê, en ANC-politici het ’n bepalende inset daaroor, blyk uit navrae.

Die voorleggings begin vanoggend in die sportkompleks van die Kaapse voorstad Gugulethu en in George.

Nosimo Ntwanambi, ANC-hoofsweep in die Nasionale Raad van Provinsies, het by navraag bevestig die provinsiale swepe in die Nasionale Raad van Provinsies reël die busvervoer en die passasiers is “diegene wat gereël het om die voorleggingsessies by te woon”.

Die oorgrote meerderheid swepe is ANC-lede. Van die provinsiale swepe behoort net een (die Wes-Kaap) nie aan die ANC nie. Cope het ook ’n party-sweep.

Ntwanambi het gesê sy meen nie die ANC-lede wat provinsiale swepe is, sal die samestelling van die gehoor manipuleer nie.

“Hulle is daar om die provinsies se belange te verteenwoordig, nie die ANC nie,” het sy gesê, maar kort daarna bevestig dat die swepe ook die ANC se belange verteenwoordig.

Ntwanambi het aggressief gereageer op ’n vraag waarom die Kaapstadse sitting plaasvind in die N2-korridor, die enigste deel van die stad met ’n ANC-meerderheid.

Sy het gesê dis omdat die res van die stad se inwoners genoeg geld het om na Gugulethu te reis, maar die mense van Gugulethu nie genoeg het om na die res van die stad te reis nie.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: media  |  inligtingswet

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.