Inbrekers skiet man in huis dood

2010-08-08 17:04
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ‘n 45-jarige man is doodgeskiet tydens ‘n inbraak by sy huis in Blairgowrie, het die polisie in Gauteng Sondag gesê.

“Hy is vermoor vir ‘n skootrekenaar, selfoon en beursie,” het kapt. Cynthia Magoai, polisiewoordvoerder, gesê.

Vier verdagtes het na bewering Saterdagaand toegang tot die huis verkry.

Die man, sy vrou en kinders het reeds geslaap toe hy wakker geword het van ‘n geraas in die kombuis.

“Die man het ondersoek gaan instel en die rowers in die huis betrap. Hy het probeer om die paniekknoppie te druk, toe een van die verdagtes hom in die bors geskiet het,” het Magoai gesê.

Die verdagtes het met die gesteelde items op die vlug geslaan.

Met paramedici se aankoms op die toneel was die slagoffer se vrou besig om noodhulp op haar man toe te pas.

“Die nooddienswerkers het by die vrou oorgeneem en vir sowat 30 minute lank probeer om die slagoffer se lewe te red. Hy het egter op die toneel aan sy beserings beswyk,” het Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, Sondag gesê.

Niemand anders is tydens die voorval beseer nie.

Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.

Volg Nuus24 op Twitter.
 

- SAPA

Lees meer oor: inbrake  |  misdaad  |  moorde  |  sterftes

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.