Inbrekers op CCTV vasgevang
2009-10-07 08:18
Johannesburg – Vyf Zimbabwiërs is Woensdag in hegtenis geneem nadat hulle op CCTV kamera gevang is terwyl hulle by ‘n besigheid in die Johannesburgse sentrale sakekern ingebreek het, het die polisie gesê.
“Die verdagtes is op CCTV kameras opgeneem terwyl hulle ingebreek het. Polisie het na die toneel gejaag en al vyf die verdagtes in hegtenis geneem,” het insp. Xoli Mbele gesê.
Hulle het probeer om die veiligheidsdeur te breek, maar kon nie by die gebou inkom nie.
Polisie het ‘n breekyster gevind wat glo gebruik is om die deur te probeer afbreek.
In ‘n ander voorval is ‘n man Dinsdag in hegtenis geneem gedurende ‘n stop en soek ondersoek.
Die man is voorgekeur en toe die polisie hom ondersoek het hulle ‘n mes in sy besit gevind.
Al die verdagtes sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn, het Mbele gesê.
- Sapa