Inbreker vat pad in duikpak

2010-12-31 07:28
Tweets Share Share line Print

Die verdagte in ’n huisbraak word in sy “nuwe” groen duikpak deur polisiebeamptes weggelei. Hy is deur die eienaar in sy motorhuis betrap. (Yunus Mohamed, Die Burger)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Burger

Kaapstad – Die vreemde kombinasie van ’n hond en ’n groen duikpak was nie genoeg om ’n inbreker in Lakeside te laat ontsnap nie.

Dié 28-jarige man van Lotusrivier het gister met sy hond as medepligtige by ’n huis in Leicesterstraat ingebreek en homself daar met ’n groen duikpak uitgerus.

In sy klaarblyklike opgewondenheid oor dié vonds het hy egter van sy hond vergeet toe hy later die hasepad gekies het.

Volgens Allan Dillon, eienaar van die sekerheidsmaatskappy Mountain Men, het die inbraak net ná 11:00 gebeur.

Die verdagte het na bewering by die motorhuis ingesluip en onder meer ’n batterylaaier, gereedskap en die groen duikpak gesteel.

Hy het die duikpak oor sy klere aangetrek.

Die eienaar van die huis, mnr. David Bulmer, het die skelm egter in die motorhuis betrap en hom agternagesit.

Die verdagte het in die rigting van Boyesweg gehardloop. Volgens Dillon het beamptes in die berg gesien hoe die verdagte by ’n ander huis in die buurt wegkruip.

Beamptes van Mountain Men en die polisie het egter kort daarna op die dief in die duikpak toegesak en hom in hegtenis geneem.

Hy sal na verwagting Maandag in die Muizenberg-landdroshof op aanklagte van huisbraak en diefstal verskyn, het kapt. Stephen Knapp, ’n polisiewoordvoerder, gesê.

Bulmer het aan Yunus Mohamed gesê dit is die tweede inbraak vandeesmaand by sy huis.

Die hond het op die toneel agtergebly nadat sy eienaar deur die polisie aangekeer is.

Dit was teen druktyd nie bekend wat hierna van die hond geword het nie.

Volg Nuus24 op Twitter.


- Die Burger

Lees meer oor: misdaad  |  inbrake

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.