Inbreker moor glo ná vrylating

2010-07-24 11:32
Tweets Share Share line Print

Durban. – ’n Veroordeelde inbreker wat in Junie uit die tronk vrygelaat is, is saam met twee ander verdagtes in hegtenis geneem in verband met die gru-moord op ’n bejaarde egpaar ’n week gelede aan die KwaZulu-Natalse suidkus.

Die 23-jarige verdagte is vroeër tronk toe gestuur weens ’n inbraak in Hibberdene, waar Christopher Early (69) en sy vrou, Jennifer (62), verlede Donderdag in hul huis in die woongebied Woodgrange vermoor is.

’n Span speurders van Port Shepstone se eenheid teen georganiseerde misdaad het die drie verdagtes eergister omstreeks 16:00 by die Silver Hill-kampong van ’n groep suikerrietplase in hegtenis geneem.

Volgens lt.kol. Zandra Hechter, polisiewoordvoerder, is die kampong sowat 12 km van die Early’s se huis.

Een van die verdagtes, ’n 33-jarige man, werk op een van die plase.

Die polisie het die Early’s se .22- en .38 Special-rewolwer, asook die oorledenes se twee selfone en verskeie ander huisraad by die verdagtes gekry.

Mev. Early is glo met die egpaar se eie .22-rewolwer doodgeskiet. Mnr. Early is volgens aanduidings met ’n kapmes doodgeslaan nadat hy vermoedelik die rowers in die huis verras het waar hulle sy vrou aangehou het.

Die polisie stel ondersoek in of die verdagtes met enige ander rooftogte verbind kan word.

Die drie mans sal na verwagting oormôre in Hibberdene in die hof verskyn.



- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  moorde

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Briek sê... Besef ons dat hierdie Devon presies dieselfde persoon is as Blip, James Manyi en Legens ??? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.