Ilse Naudé op 98 oorlede

2011-12-31 10:20
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Ilse Naudé, vrou van die legendariese teoloog dr. Beyers Naudé (98), is Donderdag aan hartversaking oorlede.

Dr. Naudé is die een wat altyd opgehemel is, maar as dit nie vir sy vrou as steunpilaar was nie, sou dié veteraan-kampvegter teen apartheid nie naastenby soveel bereik het nie, het mnr. Johann Naudé, hul oudste seun, gister gesê.

Mev. Naudé het twee weke gelede ’n heupoperasie ondergaan en het sedertdien gedurig van moegheid gekla.

Sy is eergistermiddag in die St. Michaels-aftreeoord in Johannesburg oorlede.

“Sy het die laaste ruk meestal geslaap en gesê sy is baie moeg.

“Ons het geweet dit is haar hart wat nie meer kon nie,” het haar skoondogter Rita gesê.

Die egpaar was 64 jaar lank getroud toe dr. Naudé in 2004 op 89-jarige ouderdom oorlede is.

Op haar 95ste verjaardag het mev. Naudé gesê sy mis haar man en “wil nou huis toe gaan” om by hom te wees.

Die twee het mekaar ontmoet by die stapklub van die Universiteit Stellenbosch waar hy teologie gestudeer het en sy in wiskunde uitgeblink het.

Op dr. Naudé se tagtigste verjaardagparty het oudpres. Nelson Mandela ’n toespraak gelewer en net lof gehad vir die egpaar.

“Sy krag is van liggaam en van gees en dit is dié soort krag en sy ontembare gees wat die boosheid van apartheid oorwin het en hom ’n held gemaak het vir ons mense.

“As iemand my vra hoe ’n nuwe Suid-Afrikaner moet wees, sal ek sê: Kyk na Beyers en sy vrou, Ilse.”

In sy outobiografie, My Land van Hoop, het dr. Naudé sy vrou die krediet daarvoor gegee dat die saadjie van nierassigheid by hom ontkiem het.

Sy het op die Morawiese sendingstasie Genadendal naby Caledon grootgeword en was dus daaraan gewoond om saam met bruin mense in die kerk te arbei.

In die boek verwyt dr. Naudé homself dat hy, om chauvinistiese redes, sy vrou nie ingelig gehou het oor sy groeiende vervreemding van die apartheidsgedagte, veral ná die Cottesloe-kerkeberaad van 1960, nie. Hy betuig herhaaldelik sy waardering vir haar rotsvaste steun.

Twee keer het hulle ernstig oor belangrike kwessies verskil. Die eerste was toe hy dit oorweeg het om die land te verlaat en sy vir hom gesê het sy sal hom nie volg nie. Die tweede keer was toe hy die NG Kerk verlaat het en sy ’n lidmaat gebly het.

Mev. Naudé word oorleef deur vier kinders, vier kleinkinders en drie agterkleinkinders. ’n Gedenkdiens word op 7 Januarie om 12:00 in die NG kerk Aasvoëlkop in Northcliff, Johannesburg, gehou.

Lees meer oor: beyers naude  |  sterftes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.