Idols-deelnemer inderhaas na hospitaal gejaag

2010-08-15 09:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - ’n Ambulans en paramedici wat met ’n deelnemer hospitaal toe jaag, voorspel groot drama in vanaand se Idols-episode.

“Die kykers moet onthou dat die teaterrondes wat tans uitgesaai word, seker vir die meeste spanning in die hele kompetisie sorg. Die impak daarvan op die deelnemers is enorm,” sê Ingrid Engelbrecht van M-Net.

Almal skrik dan ook groot as daar inderhaas met ’n deelnemer hospitaal toe gejaag moet word.

“Ons het dadelik besef hoe ernstig die geval is, vandaar almal se flinke optrede,” sê Engelbrecht.

Kykers moet maar tot 17:30 wag om op M-Net te sien presies wie dit is en wat met die deelnemer gebeur.

Die eerste van die drie teaterrondes is Dinsdagaand tydens ’n halfuur lange episode uitgesaai – 39 deelnemers het toe die trekpas gekry.

Vanaand word dag twee in die teater uitgesaai. Die deelnemers kies groepe en moet dan ’n liedjie vir die beoordelaars voorberei.

Baie van die deelnemers sukkel egter tot ná middernag om by ’n groep ingeskakel te word.

Ná die vertoning word nóg aspirantsangers huis toe gestuur.

Op dag drie, wat ook vanaand uitgesaai word, kies elke deelnemer ’n maat om ’n duet te sing.

Kykers sal Dinsdagaand sien wie die oorblywende deelnemers is vir wie hulle van volgende Sondag af kan stem.

“As ’n mens na die talent en die gehalte van die produksie kyk, dan dink ek hierdie een is ons beste Idols-reeks nóg,” sê Engelbrecht.

“Dis ook nie duidelik hoeveel mense elke keer tot die volgende ronde deurdring nie, so dit sorg vir ’n lekker verrassing.”

- Rapport

Lees meer oor: idols  |  hospitaal  |  noodgevalle

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Briek sê... Besef ons dat hierdie Devon presies dieselfde persoon is as Blip, James Manyi en Legens ??? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Junior Service Account Manager (CRM development experience)

Cape Town, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

EXCEL ANALYST

Cape Town, South Africa
Quantex Executive Recruitment
Market Related

Customer Engineer

Somerset West, Cape Town, South Africa
CEB Maintenance Africa (Pty) Ltd
R6000 - R9000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.