IVP-voorsitter voor dissiplinêre komitee
2010-07-12 10:36
Durban – Die IVP-voorsitter, Zanele Magwaza-Msibi, sal voor ‘n dissiplinêre komitee verskyn nadat sy glo die party se beeld in gedrang gebring het, het die Mercury Maandag berig.
Sy sal na verwagting Saterdag voor die komitee verskyn.
Dít kom nadat sy glo nie die Friends of Zanele Magwaza-groep stopgesit het nie. Dié groep het daarop aangedring dat Magwaza-Msibi as president van die party aangestel word.
Die Inkatha-Vryheidsparty (IVP) se spesiale nasionale raad het gedurende die afgelope naweek besluit om dié aanklagte teen Magwaza-Msibi aanhangig te maak.
Die party is die afgelope ruk geteister deur interne onenigheid weens die feit dat verskeie lede voorbrand maak vir sekere poste voor die party se verkiesing wat op 23 Julie sal plaasvind.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA