IVP, Cope loop hul vas met Dalai Lama-saak
2012-02-03 13:05
Kaapstad – ‘n Aansoek om ondersoek in te stel of dit verlede jaar grondwetlik was vir die regering om nie ‘n visum aan die Dalai Lama toe te staan nie, is Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof van die hand gewys.
Regter Elizabeth Baartman het die aansoek deur die Inkatha-Vryheidsparty (IVP) en Cope met koste van die hand gewys.
Die Dalai Lama het sy beplande reis na Suid-Afrika om emiritus-aartsbiskop Desmond Tutu se 80ste verjaardag op 4 Oktober by te woon, gekanselleer.
Hy het gesê dat hy die reis gekanselleer het omdat hy nie ongerief vir die Suid-Afrikaanse regering wou veroorsaak nie.
Die regering se onvermoë om ‘n visum uit te reik het openbare ontevredenheid veroorsaak, met Tutu wat pres. Jacob Zuma se administrasie daarvan beskuldig het dat hy “erger as die apartheidsregering is”.
Die IVP en Cope het gevolglik ‘n aansoek by die hooggeregshof ingedien dat ‘n bevel uitgereik word wat sê dat die minister van binnelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, se hantering van die saak onwettig was en dat sy gedwing word om toekomstige aansoeke deur die Dalai Lama regverdig te hanteer.
Die leier van die IVP, Mangosuthu Buthelezi, het die Dalai Lama genooi om hom in 2012 te besoek.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA