ISS: Korrupsie in polisie nie sistemies
2011-09-01 14:51
Johannesburg – Korrupsie in Suid-Afrika se polisie is 'n probleem, maar dit is nie sistemies nie, het die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS) gesê.
"Ons sien dit nie as 'n korrupte organisasie nie, maar daar is 'n probleem," het Gareth Newham, hoof van die misdaad-en-justisieprogram by die ISS, gesê.
Newham het 'n toespraak gelewer by die bekendstelling van 'n veldtog van die ISS. Dié veldtog is daarop gemik om mense aan te moedig om korrupsie in die polisie aan te meld en professionaliteit, waar nodig, te loof.
Hy het gesê 'n laagtepunt was verlede jaar se veroordeling van Jackie Selebi, voormalige nasionale polisiehoof.
Volgens 'n verslag wat van die ISS het die polisie 'n terugslag beleef met genl. Bheki Cele wat in omstredenheid gehul is oor kontrakte vir polisiehoofkwartiere.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA