Hyde Park-inbreker vasgetrek
2009-12-22 04:01
Johannesburg - 'n Inbreker wat sedert Julie 'n luukse woonbuurt in Johannesburg teister, is in hegtenis geneem.
Insp. Moses Maphakela van die Suid-Afrikaanse polisie het Maandag gesê die man, in die dertig, is om 5:30 in 'n tuin buite 'n huis in Hyde Park gevang.
"Die eienaars van die huis het die polisie verwittig en die man is in hul tuin gevang. Hy het 'n gesteelde skootrekenaar en juweliersware by hom gehad."
Hy word met 12 ander inbrake in die buurt verbind en sal na verwagting in die hof verskyn na afhandeling van die polisieondersoek.
- Sapa