‘Hy was nie ’n monster’

2012-02-01 07:03
Tweets Share Share line Print

Ventersdorp – Eugène Terre’Blanche se vrou het hom met ’n egskeiding gedreig “toe hy te veel gedrink het”.

Hulle was egter nié besig om te skei nie, het Martie Terre’Blanche gister hier in die rondgaande hof getuig.

Terre’Blanche se huwelik en karakter het onder skoot gekom in die verhoor van sy twee vermeende moordenaars.

Die hof het gehoor die egpaar het ten tyde van sy moord in April 2010 nie meer as man en vrou saamgeleef nie en was in die proses om te skei.

“Ek het hom wel eendag toe hy te veel gedrink het met egskeiding gedreig,” het mev. Terre’Blanche getuig.

“Ek kon dit nie vat wanneer hy gedrink het nie, maar ek sou nie skei nie. Hy het gesê sy lewe sal in duie stort.”

Adv. Khomotso Tlouane, regsverteenwoordiger van Chris Mahlangu (31), een van die moordverdagtes, het gesê sy kliënt sal aanvoer die AWB-leier het hom voor die moord én die dag van die moord gesodomiseer.

“Hy sou nooit nie, in ag genome sy integriteit en politieke standpunte. Dis onaanvaarbaar en absurd,” het mev. Terre’Blanche gereageer.

Adv. Norman Arendse SC, vir die minderjarige beskuldigde, wou by mev. Terre’Blanche weet hoe sy gevoel het oor die destydse Jani Allen-sage.

“Hy het baie Jani Allens en vriende gehad. Dit was sleg dat die media voorgegee het hy het ’n verhouding met haar gehad,” het sy gesê.

Sy het getuig haar man “was nie ’n monster nie”, dat hy goed vir sy werkers was en dat sy nie bewus was van enige gewelddadige voorvalle nie.

“Nadat hy uit Rooigrond gekom het, was hy baie kalmer. Hy het vir werkers se begrafnisse betaal.”

Terre’Blanche het in die Rooigrond-gevangenis tronkstraf uitgedien nadat hy skuldig bevind is aan onder meer poging tot moord omdat hy Paul Motshabi in 1996 so erg aangerand het dat hy gestrem gelaat is.

“Die landdros het (destyds) bevind u man word gou kwaad en dat hy maklik tot geweld oorgaan,” het Arendse gesê.

“Hy het ’n reputasie van gewelddadigheid gehad. Sy werkers het hom gevrees.”

Gister is getuig plaaswerkers het soms kos geëet wat Terre’Blanche vir sy honde gekoop het waarvan die datum die vorige dag al verval het.

Terre’Blanche het dié pakke met pap, wors, hamburgers, hoender en warmbrakke by ’n plaaslike supermark gekoop.

“Die werkers het dit uit eie keuse geëet,” het mev. Terre’Blanche getuig.

“Die kos was nie sleg of verrot nie. Hulle het ook vrye toegang tot (vars) pap en melk gehad.”

Die hof het ook gehoor die plaaswerkers het glo onder haglike omstandighede in ’n stal gewoon en is minder as die wetlik voorgeskrewe minimumlone betaal.

Mev. Terre’Blanche het toegegee toestande in die stal was haglik, maar het gesê die werkers moes dit self skoonhou.

“Dis hul eie sakke en bekers wat daar lê. Dis onregverdig om van enigiemand anders te verwag om hul leë bottels en rommel op te ruim.”

Video: Andries Terre'Blanche reageer op sodomie-bewerings



– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.