Hy voel in die steek gelaat, sê Malema

2010-05-27 08:46
Tweets Share Share line Print

Den Haag - Die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, bly weier om te erken dat hy iets verkeerds gedoen het.

In ’n onderhoud met die BBC, wat ook op die organisasie se webwerf verskyn, het Malema gesê hy voel “in die steek gelaat” deur diegene op wie hy staat gemaak het. Hy het die strafmaatreëls wat die ANC teen hom ingestel het as onbeduidend afgemaak.

Die onderhoud is gevoer deur die BBC se korrespondent in Suid-Afrika, Andrew Harding.

Malema het onder meer gesê hy het nog geen woedebeheerklasse bygewoon nie, een van die ANC se strafmaatreëls teen hom.

“Een van die dinge wat ek geleer het, is om nooit staat te maak op enige individu in die politiek nie.”

Gevra of hy verraai voel deur pres. Jacob Zuma, wat gesê het hy is “buite beheer”, het Malema sy lojaliteit beklemtoon en gesê Zuma “klap die sweep teen die jeug” as hy iets verkeerds sien.

In antwoord op die stelling dat hy aanstoot gegee het toe hy homself met oudpres. Nelson Mandela vergelyk het, het hy botweg gesê: “Jy weet niks van Nelson Mandela nie.”

Hy het toegegee dat hy moontlik kan ophou om die lied “Dubul’ iBhunu” te sing, maar dadelik bygevoeg dat die Suid-Afrikaanse ekonomie langs rasselyne verdeel bly.

“Ek veg vir die emansipasie van swartes en Afrikane in die besonder, polities, sosiaal en ekonomies. Daar is rasseverdelings in dié land en die ekonomie groei steeds, maar die gaping tussen dié wat het en dié wat nie het nie groei verder. Dit is op ras gebaseer.”

Malema het ook gesê die Mugabe-regime se hantering van die grondkwessie in Zimbabwe is “baie goed, behalwe vir die gewelddadige deel daarvan. In Suid-Afrika moet ons demokratiese middele gebruik om die grond te herverdeel. Ons het ’n meerderheid in die parlement wat ons die mag sal gee om grond met kompensasie te onteien.”

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: julius malema  |  politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
37 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.