Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Huldeblyke stroom in vir Oscar se vriendin

2013-02-14 10:23
Tweets Share Share line Print

Die atleet Oscar Pistorius se vriendin, Reeva Steenkamp, wat Donderdagoggend in sy huis doodgeskiet is. (Foto: Twitter)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou stories

Kaapstad – Huldeblyke het Donderdag ingestroom vir Reeva Steenkamp, die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius se vriendin, nadat sy volgens berigte vroegoggend deur hom doodgeskiet is.

Pistorius het haar glo in die arm en in die kop geskiet toe hy haar vir ‘n inbreker misgis het. Die polisie, wat nie sy identiteit wou bevestig nie, het gesê 'n 26-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die skietery.

“RIP, pragtige Reeva,”  het een vriendin op Steenkamp se Facebook-blad geskryf. “Rus in vrede. Die lewe kan baie, baie onregverdig wees,” het nog ‘n inskrywing gelui.

Haar volgelinge op die sosiale netwerk Twitter en verskeie bekendes het ook met skok en hartseer gereageer.

Ryk Neethling se suster, Jean-Marié, het haar skok uitgespreek.

“My ergste vrees bevestig... dit was @reevasteenkamp... pragtige engel van ‘n dame en mede-@NimueSkinSA-ambassadeur... RIP, pragtig.”

Steenkamp was aktief op Twitter. Een van haar laaste twiets Woensdagmiddag het gelui: “Wat beplan jy vir jou geliefde more??? #raakopgewonde#Valentynsdag.”

Die sokkerspeler en model Ryan Botha het sy medelye betuig: “Ek is so hartseer om te hoor van Oscar Pistorius en Reeva Steenkamp. Hoe tragies. My gedagtes en gebede is by Oscar en beide se families.”

“Al my liefde aan @reevasteenkamp se familie en vriende. Daar is nie woorde nie,” het @EmmaSadleir geskryf.

“Dit kan nie waar wees nie. ... @reevasteenkamp is een van die mooiste en mees ongelooflike meisies wat ek ken #verpletter,” het @Maxine_g getwiet.
 
Die televisieaanbieder Jeannie D het ook haar skok op Twitter uitgespreek: “Ek het geen woorde nie. In absolute skok!” het sy as deel van 'n inskrywing gesê.

Pistorius sal na verwagting Donderdag in verband met die voorval in die hof verskyn.

– Volg Nuus24 op Twitter


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Jerry Springer sê... Solank beide vir die regering werk sal hofsaak nie n probleem wees. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.