Huishulpe se lone kry effense hupstoot
2012-11-19 14:17
Johannesburg – Die minimum loon vir huishulpe sal van volgende maand af effens verhoog word, het die departement van arbeid gesê.
Page Boikanyano, woordvoerder vir die departement, sê die verhogings in groot stede sal van dié in kleiner dorpe verskil.
In groot stede sal die tarief vir huishulpe wat minder as 27 uur per week werk, van R9,85 tot R10,48 per uur, of van R165,94 tot R285,62 per week, of van R1 152,32 na R1 237,60 per maand verhoog word.
Die tarief vir diegene wat meer as 27 uur per week werk, sal van R8,34 na R8,95 per uur verhoog word. Dit is ook die ekwivalent van R357,19 tot R402,96 per week of R1 625,70 na R1 746 per maand.
‘n Maandelikse salaris vir huishulpe wat meer as 27 uur per week in kleiner dorpe werk, sal ná die verhogings op R1 491,86 uitwerk.
Diegene wat minder as 27 uur per week werk, sal R1 056,35 per maand in hul sakke steek.
Die verhogings sal op 1 Desember in werking tree.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA