Huishulp vertel van nag van hel

2011-12-07 07:00
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – 'n Gesin van Bloemspruit het ’n nag van hel beleef toe ’n tienerdogter voor haar ma, boetie en sussie om die beurt deur vier rowers verkrag is.

Die aanvallers het die arm gesin ook van al hul min besittings beroof.

Dié vrou, wat as huishulp in Pellissier, Bloemfontein, werk, het Dinsdag van die aanval twee weke gelede vertel wat haar dogter van haar menswaardigheid en haar gesin van al hul aardse besittings gestroop het.

Melinda Bester (19), ’n tweedejaar-onderwysstudent aan Kovsies, het deurentyd haar ma se werknemer by hul huis in Pellissier ondersteun terwyl sy van die angsnag vertel het.

“Sy werk só hard. Jy voel jy moet iets doen, maar wát? Die skade is klaar gedoen. Daar is so baie veldtogte totdat dit met iemand na aan jou gebeur en jy besef hoe ernstig dit is.”

Die aanval kom te midde van die veldtog van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders.

Hoewel dit ’n internasionale veldtog net vir vroue is, het die Suid-Afrikaanse regering ook kinders hierby betrek.

Die vrou vertel sy en haar drie kinders was op Vrydag 2 Desember omstreeks 04:00 aan die slaap toe die booswigte by hul plakkershut in die Khayelitsha-woongebied in Bloemspruit ingebreek het.

“Ek het wakker geword. Hulle het vir my gesê ek moet die geld uithaal. Hulle het die komberse gevat, al die kos.”

Haar kinders, ’n 13-jarige seun en dogters, onderskeidelik 9 en 16 jaar oud, het ook wakker geword.

Sy en die jonger kinders is met ’n vuurwapen gedreig en beveel om op die bed te bly sit.

Die 16-jarige dogter is toe om die beurt verkrag.

Dit is wanneer sy oor haar dogter praat dat die trane loop.

“Sy is baie klein. Daai mans was baie groot, ek huil as hulle my kind rape.”

Haar dogter is twee dae lank in die Nasionale Hospitaal opgeneem waar sy behandeling ontvang het.

Sy praat nie oor wat gebeur het nie.

Sy sê al hul klere en haar tienerdogter se selfoon is ook gesteel.

“Hulle vat die geld. Hulle rape. Dít is wat hulle hier doen.”

Kapt. Harry Nagel, provinsiale polisiewoordvoerder, sê ’n klag van huisbraak, roof en verkragting word ondersoek ná ’n voorval Vrydag 2 Desember tussen 04:00 en 05:30 by ’n huis in Bloemspruit. Hy sê die polisie was egter net bewus van een rower in dié voorval. Hy sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: verkragtings

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.