Huishulp kla oor onthulling van MIV-status

2011-10-24 12:04
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ‘n Huishulp het by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) gekla nadat hospitaalpersoneellede haar werkgewer vertel het sy is MIV-positief, het The Times berig.

“Jy is besig om dood te gaan en swanger... Ek weet... Die laboratorium het my vertel jy’s siek,” het haar werkgewer na bewering geskree toe sy weer by die werk opgedaag het.

Die huishulp het na haar werk teruggekeer nadat sy drie dae in die Steve Biko- akademiese hospitaal in Pretoria deurgebring het.

Die 41-jarige vrou is kwaad dat ‘n tegnikus by die laboratoriumdienste haar reg tot privaatheid glo geïgnoreer en haar MIV-status sonder toestemming aan haar werkgewer bekend gemaak het.

Volgens die vrou het haar werkgewer nou ‘n “aaklige houding” teenoor haar.

“Sy vra my nie meer of vir haar tee te maak nie; sy wil my nie naby haar kamer hê nie en het dit duidelik gemaak dat sy my sal afdank as ek haar siek maak...” het die vrou aan The Times gesê.

Sagie Pillay, uitvoerende hoof van die laboratoriumdienste, sê die tegnikus ontken dat die toetsresultate onthul is.

Pillay sê ‘n volledige ondersoek sal geloods word om die sondebok te identifiseer.

“Hierdie is ‘n oortreding van die Wet op Gelyke Indiensneming, wat ‘n werkgewer verhoed om teen ‘n werknemer op grond van MIV te diskrimineer,” het Mishack Magakwe, woordvoerder vir die Gautengse departement van gesondheid, gesê.

“Dit is totaal en al onaanvaarbaar dat sy anders behandel word as gevolg van haar status, wat die werkgewer in die eerste plek onwettiglik bekom het.”

Die huishulp se werkgewer het aan The Times gesê sy het die laboratorium gebel omdat sy bekommerd was oor haar werknemer.

Sy sê sy wou uitvind “hoe ek haar kan help aangesien sy altyd siek is. Sy kyk mooi na my en ek moet mooi na haar kyk.”

Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
36 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.