Huishulp in KZN doodgeskiet
2010-05-20 02:00
Durban – ‘n Huishulp is doodgeskiet terwyl sy in haar werkgewer se huis in Bethani , KwaZulu-Natal geslaap het, het die polisie Woensdag gesê.
“Die liggaam van die vrou, wat vermoedelik 50 jaar oud is, is gevind met verskeie skietwonde. Ons vermoed sy is Dinsdagaand vermoor,” het lt. kol. Vincent Mdunge, polisiewoordvoerder, gesê.
Die Mbuyisa-gesin was in Maart-maand ook die teiken van ‘n rooftog.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.