Huishulp erg beseer na motor haar omry
2010-06-18 17:15
Johannesburg - 'n 49-Jarige huishulp is in 'n ernstige toetsand gelaat nadat 'n motor haar omgery het.
Volgens Chris Botha, Netcare 911 woordvoerder, het die voorval Vrydagoggend om 08:16 by die kruising van Rose- en Van Riebeekstraat in Kemptonpark plaasgevind.
Die huishulp was glo op pad werk toe. Volgens Botha blyk dit of sy deur die motor getref is die oomblik wat sy van die sypaadjie afgestap het om die straat te probeer oorkruis.
Paramedici het haar na die Tembisa-hospitaal gehaas waar sy die mediese aandag ontvang het.
- Nuus24