Huiseienaars in ryk buurte ‘sal moet betaal of trek’

2010-02-10 10:30
Tweets Share Share line Print

Marelize Barnard

Kaapstad - Eienaars van wooneiendom in armer gedeeltes van Kaapstad kan moontlik die volgende vier jaar minder eiendomsbelasting betaal vanweë die nuwe munisipale eiendomswaardasies.

Emil Weichardt, bestuurder van die Kaapstadse munisipaliteit se waardasiedepartement, het gister gesê die swakker eiendomsmark in dié segment kan wel beteken dat eiendomsbelasting in sommige gevalle gaan daal of dieselfde bly. Hy het inwoners daarop gewys dat elke eiendom afsonderlik gewaardeer is in die nuutste munisipale waardasies. “Ligging, grootte, verbeterings, die aantal slaapkamers en die gehalte van die afwerkings speel gesamentlik ’n rol in die waardasieproses.”

Die eiendomspryse wat in die onmiddellike omgewing van die betrokke eiendom behaal is, is ook in ag geneem. Waar daar in sogenaamde rykmanswoonbuurte hoër pryse behaal is vir eiendom sedert die vorige waardasie, sal waardes styg en inwoners meer erfbelasting betaal. Iemand wat al dekades lank in ’n strandkothuis in Clifton woon waarvan die waarde nou R16 miljoen of R18 miljoen is, kan nie afslag kry nie.

“Jy kan nie voortgaan om in ’n rykmansbuurt te bly as jy dit nie kan bekostig nie,” het Weichardt gesê.

In sulke gevalle sal die eienaars ’n plan moet maak, soos om ’n verband op hul eiendom uit te neem om die eiendomsbelasting te kan bekostig.

Die nuwe waardasies – wat geld van 1 Julie vanjaar tot 30 Junie 2014 – is van 22 Februarie af vir ’n tydperk van twee maande ter insae sodat eiendomsbesitters beswaar kan maak indien nodig. Die waardasies sal op die munisipale webblad, www.capetown.gov.za/propertyvaluations/, beskikbaar wees.

Mense met navrae het twee maande tyd om dit by 18 lokale wat reg oor Kaapstad ingerig is, te doen.

Daar is 780 000 eiendomme se inligting op die webblad beskikbaar en dit is dus nie nodig dat almal dié lokale hoef te besoek nie.

“Ons kan nie allerlei voorstelle oor die waardasies aanvaar nie. Daar is bepaalde riglyne gevolg met die waardasies. Jy kan nie jou buurman se eiendom as voorbeeld gebruik vir jou klagtes nie. Elke eiendom is uniek,” het Weichardt beklemtoon.

Hy het ook gevra dat diegene wat navrae het, dit deur die loop van die twee maande rig.

Almal moenie op die eerste dag al antwoorde verwag of andersins tot die laaste minuut wag om besware in te dien nie. Indien foute gemaak is, word dit reggestel.

- Die Burger

 

Lees meer oor: belasting

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.