Huiseienaar skiet inbreker dood
2011-09-15 20:00
Johannesburg – ‘n Huiseienaar in Seshego, Polokwane, het ‘n man doodgeskiet wat by sy eiendom probeer inbreek het, het die polisie in Limpopo Donderdag gesê.
Drie mans het Woensdag omstreeks 02:00 deur ‘n gebreekte venster by die huis in Sone Vier probeer inkom, het ao. Mothemane Malefo gesê.
Die eienaar van die huis het wakker geword en verskeie skote op die inbrekers, wat toe weggehardloop het, afgevuur.
Een van die mans, wat vermoedelik in sy vroeë 20’s is, is getref. Verbygangers het sy lyk ongeveer 300 meter van die huis gevind.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA