Huis se muur val op driejarige
2010-10-26 05:15
Johannesburg – ‘n Driejarige kind is Maandag dood toe die muur van ‘n huis op haar geval het tydens ‘n storm in Vleinfontein in die Vehmbe-dsitrik in Limpopo, het die provinsiale rampbestuur gesê.
“Die mure van die modderhuis waarin sy gewoon het, het glo inmekaargesak weens die swaar reënval,” het Clayson Monyela, woordvoerder, gesê.
Dit is nog nie duidelik of enigiemand anders in die voorval beseer is nie.
“Ons verskaf skuiling, voedsel en komberse aan die gesin. Die plaaslike munisipaliteit sal ‘n bydra lewer tot die onkostes van die begrafnis,” het hy gesê.
Erge haelstorms het Sondag heelwat skade in die Tzaneen-, Tybatse- en Polokwane-areas veroorsaak.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA