Huis in North Riding brand af
2011-12-10 18:56
Johannesburg – 'n Brand het Saterdag 'n dupleks in North Riding vernietig, het Johannesburgse nooddienste gesê.
Die voorval het vroegmiddag plaasgevind, het Synock Matobako, 'n woordvoerder, gesê.
"Drie kamers [is] afgebrand en die dak het ingegee. Die eienaar sê hy het die woning verhuur en niemand was by die huis nie, so ons weet nie wat gebeur het nie," het hy gesê.
Niemand is in die brand beseer nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA