Huilende musikant 'wil sy lewe terughê'

2010-03-19 06:54
Tweets Share Share line Print

Daniëlla du Plooy, Die Burger

Johannesburg - Die musikant Jub Jub (Molemo Maarohanye) het Donderdag huilend in die Protea-landdroshof in Soweto gesê hy wil net sy “lewe terughê”.

Die hof het Woensdag gehoor Maarohanye en sy medebeskuldigde, Themba Tshabalala, is positief getoets vir kokaïen en morfien nadat hulle glo vier skoolseuns doodgery het.

Hulle word van moord aangekla. Maarohanye het Donderdag tydens ondervraging deur Liezl van Jaarsveld, aanklaer, ontken dat hy gedrink, dwelms gebruik of voor die ongeluk resies gejaag het.

Hy het gesê hy sal Tshabalala nie eens as ’n vriend beskryf nie.

“Hy is bloot ’n kennis. Hy het dié dag agter my aangery om na musiektoerusting te kyk.”

Volgens Maarohanye is Tshabalala eintlik bevriend met ene Thumelo, wat saam met Maarohanye in die motor was ten tyde van die ­ongeluk.

“Ek doen baie werk vir die jeug, so ek drink nie. Ek voel aaklig oor wat gebeur het en my hart gaan uit na die families, maar dit was net ’n ongeluk,” het hy gesê en kort-kort opgehou praat om trane af te vee.

“Enigiemand kan in ’n ongeluk betrokke wees, so ek verstaan nie waarom ék gekruisig word nie.”

Maarohanye het ook gesê hy wil op borgtog vrygelaat word om sy “kop skoon te kry” en tyd saam met die ma van sy ongebore kind deur te bring. Hy word eersdaags vir die eerste keer pa.

Hy en Tshabalala het albei aangedui hulle gaan skuld ontken.

Kapt. Moses Magapo, takhoof van die Protea Glen-polisiekantoor, het getuig skoolkinders het aan hom ’n petisie met honderde handtekeninge oorhandig waarin hulle borgtog teenstaan.

Daar was ook weer honderde betogende kinders buite die hof. Talle van hulle het plakkate met dreigemente rondgeswaai.

Die polisie het hulle met rubberkoeëls verjaag toe hulle oproerig geraak het.

Maarohanye en Tshabalala hoor vandag of hul aansoek om borgtog toegestaan word.

- Die Burger

Lees meer oor: ongelukke  |  jub-jub-ongeluk

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.