Houtbaai-bootongeluk: 1ste slagoffer uitgeken
2012-10-15 07:29
Fotogalery - Bootongeluk: Eerste slagoffer uitgeken
klik op klein foto bo om groter prentjie te sien
Johannesburg – Die eerste mens wat gesterf het toe ‘n huurboot in Houtbaai gesink het, was ‘n Britse toeris, het die Stad Kaapstad gesê.
Peter Phillip Hyett (64) het gesterf nadat The Maroshka Saterdag omstreeks 15:00 naby Duiker-eiland omgekeer het, het die stad in ‘n verklaring gesê.
Hy, sy vrou, Suzanne Linda Hyett (49), en sy dogter, Helen Hyett (37), was met vakansie toe die ongeluk plaasgevind het.
Hyett se vrou is by die Grootte Schuur-hospitaal vir behandeling en waarneming opgeneem en is intussen ontslaan. Hul dogter is na die Valsbaai-hospitaal geneem en is ook later ontslaan.
Die toeris was een van twee mense wat in die ongeluk omgekom het.
John Roberts, ‘n bemanningslid, se lyk is Sondag om 11:00 sowat 21 m onder die oppervlak gevind.
Sowat 34 mense is gered en na Houtbaai se NSRI geneem.
Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA