Houe en kopskoot vir boer

2012-01-31 07:01
Tweets Share Share line Print

Noordwes – Die lyk van ’n 77-jarige boer is die naweek vasgebind aan ’n boom en met ’n koeëlwond in die voorkop op sy plaas naby Stella in Noordwes gevind.

Hy is ook erg geslaan.

Sy bakkie, wat verlate langs die pad gestaan het, het Sondag 19:00 daartoe gelei dat Hendrik Johannes (Boet) Cilliers se lyk naby die huis op sy plaas, Erfdeel, gekry is.

Hy het sy hele lewe lank op die plaas gewoon. Dit is sowat 15 km van Stella af op die pad na Mafikeng.

Volgens Jaco Scholtz van Stella was Cilliers se bene ook vasgebind en hy is erg aangerand.

Kapt. Aafje Bothma, polisiewoordvoerder, het bevestig daar is ook ’n skietwond in sy voorkop.

Scholtz het gesê mnr. Theo Scholtz, een van Cilliers se bure, het sowat 3 km van Erfdeel langs die pad op die wit Nissan 1400-bakkie afgekom. Hy het die polisie gebel.

Verskeie ander mense wat die bakkie daar sien staan het, het die polisie ook gebel en na Cilliers se huis gery. Hulle het gesien die huis is deurmekaar, maar daar was geen teken van hom nie. Hy is sowat 30 m van die huis gekry.

Cilliers, ’n wewenaar, het alleen gewoon.

Cilliers se familie vermoed hy is oorval terwyl hy besig was om ’n draad by die kraal reg te maak.

“Die oom het gewoonlik geld by hom gehad en daar was niks toe hy gekry is nie,” het Jaco Scholtz gesê.

Cilliers het drie kinders, Chris (47), Ansa Nieuwoudt (45) en Willem (42). Hy het ook sy kleinseun Johan Cilliers (19) grootgemaak.

“Oom Boet was vir hom ma en pa. Ek het met Johan probeer praat, maar hy is in ’n verskriklike skoktoestand,” het Jaco Scholtz gesê.

Johan Cilliers het twee jaar gelede aan die Hoërskool Stella gematrikuleer en is nou ’n landboustudent in sy tweede jaar in Potchefstroom.

Nieuwoudt het gesê haar pa was verskriklik lief vir kinders.

“Hulle was altyd soos ’n streep agter hom aan op die plaas.”

Sy het gesê haar pa was nog baie aktief en gesond en het gereeld agter die beeste aangehardloop wanneer hulle aangejaag moet word.

“Hy het ’n oop hand gehad en was altyd goed vir ander, selfs al moes hy homself te na kom,” het Nieuwoudt, wat in Klerksdorp woon, gistermiddag gesê.

Raubie Malan van Agri Stella het Cilliers as ’n baie lewendige mens beskryf.

Jaco Scholtz het gesê daar was die afgelope paar jaar geen ernstige misdaad die omgewing nie.

Volgens hom vermoed die boere en werkers dat drie jong mans vir die gru-daad verantwoordelik is.

Werkers op ’n buurplaas van Cilliers het glo drie jong mans teëgekom wat “gerook en gedrink” was.

Boere van die omgewing volg nou spore.

Bothma het gesê die polisie ondersoek in dié stadium net ’n moord. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  moorde  |  plaasaanvalle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
104 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.