‘Hou politiek uit Lindley-plaasmoord'

2010-12-12 06:21
Tweets Share Share line Print

Die AWB en ander politieke organisasies is nie welkom in Lindley nie.

Dit is sý dogter en familie wat vermoor is en hulle vind berusting op hul eie manier, het Paul van Staden gister aan Rapport gesê.

Sy dogter, Wilna Potgieter (36), haar man, Attie (40), en hul dogter, Willemientjie (2), is verlede week op hul plaas in die Lindley-distrik vermoor.

Die ma en dogter is in die kop geskiet en die moordenaars het met kontant en elektroniese toerusting gevlug.

Die sinloosheid van die moord op Willemientjie het veral die gemoedere laat opvlam en plaasmoorde weer in die kollig geplaas.

Dit was ’n reuse-skok vir Van Staden om te ervaar hoe ’n hele gesin in hul familie oornag uitgewis is.

Maar niks kon die familie voorberei op die tweede storm wat die wrede moorde landwyd ontketen het nie.

By Maandag se hofverskyning van die vermeende moordenaars het ondersteuners van die AWB, die VF+, AfriForum, Vrystaat-Landbou en die ANC-vroueliga buite die hof betoog.

Sommiges het die terugkeer van die doodstraf bepleit en die regering gekritiseer omdat hulle hulself glo nie uitgespreek het teen die moorde nie.

Dr. Pieter Mulder, VF+-leier, het ook gesê hy meen die moorde was ras-gemotiveerd.

Toe mense Bok van Blerk se liedjie De la Rey voor die hof begin speel, het die familie van die slagoffers dit stopgesit.

Van Staden sê al dié mense spreek oordele uit, terwyl die familie glo net God kan oordeel.

“Haat help niks. Daar is net Een na wie ek opkyk. Ek het my berus by wat gebeur het.”

Voor Donderdag se begrafnis het Van Staden ’n herhaling van die gebeure by die hofverskyning probeer verhinder deur te vra dat daar nie politieke aktiwiteite moet wees nie. “Ek het reguit vir die AWB gesê hulle is nie welkom in Lindley nie.”

Hy is dankbaar dat die familie, vriende en kollegas van die Potgieters met waardigheid hul geliefdes begrawe het.

Met sy vrou, Bokkie, gaan dit nog baie sleg. “Dis omdat sy die kleintjie grootgemaak het. Sy was die meeste van die tyd hier by ons (terwyl haar ma gewerk het).”

Die Lindley-gemeenskap is ’n hegte groep wat die misdade uit een mond veroordeel en saam rou.

“Jy sien in moeilike tye regtig wie is wie. Die gemeenskap bied wonderlike ondersteuning.”

Die 17-jarige seun wat van die moorde op die Potgieter-gesin aangekla word, is te gevaarlik om saam met plaaslike jeugdiges aangehou te word.

Hy is ’n vlugrisiko omdat hy die polisie glo probeer ontwyk het en kan weens die wreedheid van sy beweerde misdade nie aan ander kinders blootgestel word nie.

Hy word in die jeugafdeling van die Kroonstad-gevangenis aangehou. Die hof het die afgelope week voorlopig bevind hy kan nie in sy ma se toesig vrygelaat word nie.

Hy het juis by sy ouerhuis vier uur lank onder ’n bakkie se seil weggekruip voordat die polisie hom gevind het, het Rapport verneem.

’n 9mm-pistool met bloedspatsels is toe onder die enjinkap van die voertuig gekry. Verskeie bloedbespatte bankkaarte en ’n kamera, wat later deur die oorledenes se familie uitgeken is, is by hom gevind.

Sy ma het ook sy klere aan die polisie gegee en dit was vol bloedspatsels, wat bewys hy het moontlik self die doodskoot afgevuur.

’n Panga, ’n 9mm-pistool en ’n .357 Magnum-rewolwer is in die moorde gebruik.

Volgens die 17-jarige se geboortesertifikaat, wat Rapport nagegaan het, verjaar hy op 17 Februarie. Met sy hofverskyning het die landdros gelas dat hy saam met die volwassenes beskuldig en verhoor word.

Drie van die beskuldigdes, Stemmer Boy Mofokeng (22), Tapa Mo-pontola Mofokeng (23) en Paulus Samson Vusimuzi Khumalo (22), het op die plaas Tweefontein gewerk waar die moorde gepleeg is.

Nog twee mans, Tshololo Tello Mischach Letala (18) en Telleko Sex Seekoei (19) staan saam met hulle tereg op agt aanklagte wat wissel van moord en roof met verswarende omstandighede tot die onwettige besit van wapens en ammunisie.

Stemmer Mofokeng het sélf ’n kind van 15 maande, ’n bietjie jonger as klein Willemien Potgieter (2).

Rapport het sy ma, Maria Mofokeng, en sy vriendin, me. Liesbet Xaba, in die township buite Lindley opgespoor. Hulle het hom by die hof en in die tronk besoek waar hy ontken het dat hy by die moord- en rooftog betrokke was.

“Hy sê hy weet niks. Hy was by die stoor toe hy glas hoor breek. Ons hoor maar net die name van die ander mans. Ons ken hulle nie,” het Xaba gesê.

Stemmer Mofokeng het sowat ’n jaar op die plaas gewerk teen R1 200 per maand. Volgens Xaba het hy lekker gewerk en goed oor die weg gekom met die vermoorde Attie Potgieter.

“Hy het gesê die man hou baie van hom en dit maak die ander jaloers. Hy het (’n paar maande gelede) gesê ander mense wil hom doodmaak omdat (Potgieter) meer van hom hou as van die ander.”

Die beskuldigdes doen na verwagting môre aansoek om borgtog.

 

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.